top of page
Search

VF Plus sê Emfuleni en Rand Water moet aanspreeklikheid aanvaar vir Vaalrivier krisis

VANDERBIJLPARK - Die Vryheidsfront Plus in Gauteng sê die Emfuleni Munisipaliteit moet aanspreeklikheid aanvaar vir die hiasinte en waterslaai wat die Vaalrivier oorneem en toeriste-aktiwiteite belemmer. Die party se raadslid Gerda Senekal sê hulle het die munisipaliteit gewaarsku om op te hou om riool in die rivier te stort aangesien dit as voedselbron vir die uitheemse plantegroei dien. Die oormatige groei van hierdie plante in die Vaalrivier kan lei tot ‘n reeks ekologiese probleme, insluitend die verstikking van ander waterplante en kan die lewensvatbaarheid van ander waterdiere negatief beïnvloed. Dit kan ook waterpompe aan die rivieroewer verstop en skade aan boere se toerusting veroorsaak. Senekal sê Rand Water moet ook aanspreeklikheid vir die probleem aanvaar en dringende stappe doen om die rivier skoon te maak. Die VF Plus het oewerbewoners bedank vir hul ingryping die afgelope naweek met die uitskep van die plante en om dit te vernietig, maar Senekal sê dit is onmoontlik vir inwoners alleen om die kilometers se indringerplante te verwyder.

FOTOS: (VF Plus, Biance Jade Hurlimann - Vaal River Community)





19 views0 comments

Comments


bottom of page