VF Plus sê Emfuleni se finansiële probleme neem toe
- 90.6 FM News
- Apr 23
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront Plus in Gauteng sê daar is blykbaar geen einde aan die finansiële ellende van die Emfuleni-munisipaliteit nie, want hy kan tans nie sy elektrisiteitskontrakteurs en verskaffers betaal nie. Die party se Gerda Senekal sê die Cw5-gedeelte van Vanderbijlpark is reeds 18 dae sonder krag, en elektrisiteitskontrakteurs weier om aan die probleem te werk omdat hulle nie betaal word nie. Die munisipaliteit het ook nie die finansies om ʼn transformator vir die Ne3-substasie, wat op 11 April in ʼn brand vernietig is, aan te koop nie. Groot nywerhede is sedertdien sonder krag en kan nie met produksie voortgaan nie. Die VF Plus sê dis ook onseker of Emfuleni sy amptenare, werkers en raadslede aan die einde van die maand sal kan betaal.
Comments