Search

VF Plus sê kabeldiefstal was oorsaak van brand by Munic-substasie in Vanderbijlpark

VANDERBIJLPARK - VryheidsFront Plus raadslid, Gerda Senekal, sê voortslepende kabeldiefstal in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit het gelei tot 'n ernstige kortsluiting en brand by die Munic-substasie in Vanderbijlpark wat sekere dele van die dorp sedert Maandagaand sonder krag gelaat het. Volgens Senekal het kabeldiefstal veroorsaak dat ‘n groot onvoorsiene volume elektrisiteit deur die transformator gevoer word by die Munic-substasie wat veroorsaak het dat dit ontplof. Die munisipaliteit was in staat om sekere herstelwerk te doen waarna krag na gedeeltes van Vanderbijlpark herstel is, maar volgens Senekal is dit onduidelik wanneer kragtoevoer ten volle herstel sal wees. Senekal sê die 30MVA-transformator wat in die proses beskadig is, se vervangingskoste is sowat R10 miljoen.

FOTO: (VF PLUS Emfuleni)




3 views0 comments