VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront Plus in die Vrystaat sê dit is duidelik dat die Nasionale Gesondheidsversekeringskema nie gesondheidsorg in die provinsie sal verbeter nie. Openbare verhore oor die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering is onlangs in die provinsie afgehandel, waar die Departement van Gesondheid erken het dat slegs drie van die 22 staatshospitale in die provinsie die status het wat nodig is om hulle as NGV-geakkrediteerde hospitale te laat funksioneer. Die VF Plus sê, die onus bly op die departement, en nie die voorgestelde NGV nie, om gesondheidsorg by hospitale en klinieke te verbeter.
FOTO: (Verskaf)

Comments