VF Plus sê R89-miljoen vir NGV-advertensieveldtogte is absurd
- 90.6 FM News
- Nov 1, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront Plus sê dis duidelik dat advertensieveldtogte vir die Nasionale Gesondheidsversekering meestal geldmors en ongeregverdig was. Die Gesondheidsminister, Aaron Motsoaledi, het onthul R89-miljoen is aan NGV-advertensieveldtogte bestee en dat die uitgawe nie waarde vir geld gebied het nie. Philip van Staden van die VF Plus sê dit wys hoe desperaat die regering is om sy onpraktiese planne aan die publiek te verkoop en boonop hulle belastinggeld daarvoor te gebruik.

Comments