Search

VF Plus verwys voorgestelde laekoste behuisingsprojek in Meyerton terug na komitee

MIDVAAL - Die VF Plus het die Midvaal-plaaslike munisipaliteit versoek om ʼn beplande laekoste-behuisingsprojek tussen Meyerton se industriële- en ʼn residensiële gebied na die komitee vir ontwikkeling en beplanning terug te verwys vir verdere ondersoek oor die haalbaarheid van die projek. Die party se Corrie Pypers sê in ‘n verklaring die beplande projek maak voorsiening vir meer as 100 laekoste-wooneenhede wat minder as ʼn kilometer van Meyerton se sentrale sakegebied geleë is. Die rioolinfrastruktuur in Midvaal is reeds onder erge druk en daarom het die party die munisipale raad versoek om eers alle bouprojekte stop te sit tot die uitbreiding aan die rioolsuiweringsaanleg voltooi is. Volgens die VF Plus moes die Midvaal-munisipaliteit, voor daar besluit is op die ontwikkeling van ʼn laekoste behuisingsprojek, eers ondersoek ingestel het na die uitbreiding van die bestaande industriële gebied om so ekonomiese ontwikkeling en werkskepping moontlik te maak. Pypers sê die VF Plus is ten gunste van ordelike verstedeliking en is nie gekant teen die ontwikkeling van laekoste-behuising nie, maar in dié geval bestaan vrae oor of die huidige krag-, water en rioolinfrastruktuur die ontwikkeling sal kan bedien.

FOTO: (VF Plus)



4 views0 comments