Search

VF-Plus vra ’n vermoë-aanpassing vir die Covid-19-hulpfonds

VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront-Plus doen ‘n beroep op die regering om die vermoëns van die koronavirus-fonds aan te pas. Die party sê die behoefte aan finansiële verligting neem toe onder mense wat weens die inperking sonder salarisse sit. Die VF-Plus-woordvoerder, Heloise Denner, sê hoewel die werkloosheidsversekeringsfonds toegegooi is met nuwe regulasies om sukkelende werknemers tydens die afsluiting te help, moet die fonds se vermoëns verbeter word om betalings en terugvoer betyds te verwerk.

FOTO: (Verskaf)


21 views
Listen Live.jpg