Search

Visvang word weer toegelaat onder vlak-3 van die inperking

VAALDRIEHOEK - Die Departement van Omgewingsake, Bosbou en Visserye het bevestig dat mense nou tydens vlak-3 van die staatsinperking kan visvang. Die Minister van Omgewingsake, Bosbou en Visserye, Barbara Creecy, het in ‘n verklaring bevestig dat alle visvang, selfs vir ontspanning, sal toegelaat word. Mense mag egter nie ‘n boot huur om te gaan visvang nie. Creecy sê mense moet net verseker dat hulle ‘n permit het en dat alle regulasies steeds van toepassing is. Die Departement sê die regulasies sal in die Staatskoerant gepubliseer word, en burgers word aangeraai om daarvoor te wag voor hul hul lyne in die water gooi.

FOTO: (Verskaf)



0 views
Listen Live.jpg