Search

Voedselpryse het in 2020 met 17% gestyg

VAALDRIEHOEK - ‘n Onlangse verslag het bevind dat die prys van voedsel in Suid-Afrika deur die loop van 2020 met 17-persent gestyg het. Dit is heelwat hoër as die huidige inflasiekoers. Navorsing deur die Ekonomiese Geregtigheid- en Waardigheidsgroep in Pietermaritzburg, het gevind dat kliënte in Desember 2020, 540-rand meer betaal het vir ‘n basiese voedselmandjie vir ‘n gesin van vier, wat in Desember 2019 net meer as vier-duisend-rand gekos het. Ekonome het Suid-Afrikaners gewaarsku om voor te berei vir ‘n moeilike jaar, namate werkloosheid styg in ‘n land waar een uit elke vyf mense op minder as 28-rand per dag oorleef.

FOTO: (Verskaf)



1 view0 comments