Search

Voetganger kritiek beseer na minibus hom tref op die R82

VEREENIGING - Paramedici sê ‘n man in sy 20’s is kritiek beseer na hy deur ‘n minibus op die R82 in Vereeniging raakgery is. ER24 sê sy paramedici het omstreeks 18:45 die aand op die toneel gekom waar die man in die middel van die pad gelê het. Die voertuig wat hom raakgery het was ‘n ent verder parkeer. Paramedici het die man ondersoek en gevind dat hy ‘n ernstige kopbesering opgedoen het en in ‘n kritieke toestand was. Die man is behandel en het gevorderde lewensondersteuning ontvang voordat hy na Sebokeng Provinsiale Hospitaal vir verdere sorg geneem is. Die bestuurder van die voertuig het nie enige beserings opgedoen nie. ER24 sê die voorval is aan plaaslike owerhede gerapporteer.

FOTO: (ER24)



1 view0 comments