Search

Voorstel om 8 Mei in Suid-Afrika as Voorvadersdag te gedenk

VAALDRIEHOEK - Castle Milk Stout het aangekondig dat dit in samewerking met die kulturele aktivis en digte, Zolani Mkiva, en die kongres van tradisionele leiers van Suid-Afrika (Contralesa) op 8 Mei die eerste Voorvadersdag vir Suid-Afrika amptelik van stapel gaan stuur. Hulle wil hê dat alle Suid-Afrikaners “Afrika-spiritualiteit” en die rol daarvan te vier deur landwyd aan seremonies en rituele deel te neem wat die voorvaders sal vereer. Hierdie eerste seremonie sal in die Mathibela koninklike paleis in Bushbuckridge, Mpumalanga plaasvind waar verskillende tradisionele leiers en “erfenispraktisyns” onder streng COVID-19-protokolle byeen sal kom om die dag te gedenk.

FOTO: (Verskaf)



3 views0 comments