Search

Vragmotors by vervoermaatskappy in Vereeniging aan die brand

VEREENIGING - Die brandweer is ontbied na Vantage Logistics, ’n vervoermaatskappy Unitaspark, Vereeniging, waar minstens vier vragmotors gebrand het. Vaalweekblad berig dat Braam de Villiers, ’n inwoner naby die perseel, kort voor 10:00 vanoggend ‘n harde slag gehoor het. Volgens de Villiers blyk dit of een van die vragmotors op die perseel ontplof het, waarna die brand versprei het. Dit is tans onbekend wat tot die brand gelei het. Die polisie is ook na die toneel ontbied.

FOTO: (Vaalweekblad)


28 views