Search

Vrede heers hoofsaaklik in die meeste Vaaldriehoek gebiede

VAALDRIEHOEK - Makro Vaal en President Square in Vanderbijlpark het aan 90.6 FM Stereo bevestig dat hulle tans oop is vir besigheid, maar die situasie fyn dophou. Daar is tans geen berigte van enige betogings in die omgewing nie. Makro Vaal het egter aan 90.6 FM gesê hulle is in konsultasie met minibus-taxi operateurs wat mense na die sentrum vervoer, wat hulle dadelik sal inlig indien die situasie verander en daar enige bedreigings is. Riversquare Shopping Centre in Vereeniging het in ‘n verklaring gesê hy gaan as voorsorgmaatreël sy deure vandag sluit en het alle huurders gemaan om tydelik op te hou handel dryf. Addisionele sekuritieit en onlustebeheer is op bystand indien die sentrum deur onluste geaffekteer word. Riversquare bestuur sê die sluiting geld van vandag af en die situasie sal op ‘n dag-tot-dag-basis evalueer word. Checkers Huper Arconpark is ook oop vir besigheid. Verder het Vaal Traffic omstreeks 12:10 vanmiddag bevestig dat daar geen geweld of plundery in die Vanderbijlpark middestad is nie. Volgens die verkeersgroep is die SAPD en Sekuriteit op die toneel. Die 90.6 FM Nuusspan verstaan dat winkels in die Vereenigingse middestad beskerm word deur verskeie inwoners, taxibestuurders en ander gemeenskapslede en dat die situasie daar tans onder beheer en vreedsaam is. Enige iemand met inligting oor nuwe verwikkelinge kan die 90.6 FM Stereo WhatsApp lyn gebruik om ons daarvan te laat weet.

VIDEO: (Verskaf aan 90.6 FM - Geneem buite Vaal Mall waar mense mobiliseer het om die sentrum te beskerm)



23 views0 comments