Search

Vrou in Evaton oorlede tydens stemmery

VAALDRIEHOEK - Die nuusdiens Eyewitness News berig’n 57-jarige vrou is oorlede kort nadat sy Maandag in Evaton Sentraal in die Vaaldriehoek, gestem het. Die vrou, Makhosa-zana Tshabalala, het saam met haar eggenoot in die ry gewag om haar stem uit te bring. Sy het van borspyn gekla voordat sy haar man gevra het om vir haar water te kry. Sy het toe ineengestort en by die stemlokaal gesterf.

FOTO: (Verskaf)



5 views0 comments