Search

Vrou sterf na voertuig rol in Vanderbijlpark

VANDERBIJLPARK - Paramedici sê ‘n 43-jarige vrou het gesterf na haar voertuig oor die naweek op Frikkie Meyer Boulevard in Vanderbijlpark gerol het. ER24 sê in ‘n verklaring hulle paramedici het omstreeks 16:50 die middag op die toneel gekom waar die Audi A5 op sy dak tot stilstand gekom het. Volgens die verklaring het die voertuig deur ‘n heining gerol op die hoek van Frikkie Meyer en Klasie Havengastraat. Die vrou is 10 meter agter die voertuig gevind nadat sy uit die voertuig geslinger is. Sy het ongelukkig geen teken van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar. ‘n Tweede insittende van die voertuig het glo van die toneel af verdwyn. Volgens ER24 was die Emfuleni Verkeersdepartement en die SAPD op die toneel vir verdere ondersoek.

FOTO: (ER24)

Vir meer oor hierdie storie, volg die skakel: https://www.youtube.com/watch?v=NPGP326BSRA



28 views1 comment
Listen Live.jpg