Search

Vrou voor haar vyf-jaar-oue dogtertjie in Orange Farm vermoor

ORANGE FARM - ‘n Vrou is oor die naweek wreedaardig voor haar vyf-jarige dogtertjie in Orange Farm, Johannesburg vermoor. Duduzile Dlamini se liggaam wat verskeie steekwonde gehad het, is in ‘n huis in die omgewing gevind. Sy was die EFF-LP, Mbuyiseni Ndlozi, se niggie. Die polisiewoordvoerder, Mathapelo Peters, sê hulle is op soek na Dlamini se kêrel wat volgens hulle, moontlik die verdagte is.

FOTO: (Verskaf)



4 views