Search

Vrou wat in Parys vermis raak is naby die Vaalrivier gevind

PARYS - ‘n Vrou wat in Parys, Vrystaat, vermis geraak het is die naweek deur ‘n verbyganger naby die Vaalrivier gevind. Die 53-jarige, Rita Hawkins, is verlede week Woensdag as vermis aangemeld. Hawkins bly in Bellville en het by haar tannie in Parys kom kuier ten tye van haar verdwyning. Sy is verstandelik gestremd en was waarskynlik gedisoriënteerd toe sy weggedwaal het. Hawkins is op 2 Januarie omstreeks 08:00 veilig gevind. Sy is daarna opgeneem vir mediese behandeling en waarneming. Polisiewoordvoerder, brigadier Motantsi Makhele, sê Hawkins is nou weer met haar familie herenig.

FOTOS: (South African Police Service)



15 views0 comments