Search

Vrystaat Landbou sê plaasaanvalle het skerp gestyg in die laaste jaar

VAALDRIEHOEK - Vrystaat Landbou sê hy is bekommerd oor die toename in plaasaanvalle en –moorde in die provinsie. Volgens die VL is byna 300 plaasaanvalle en –moorde sedert 2016 in die Vrystaat alleen gepleeg. Maroela Media berig in die lig hiervan het die organisasie aangekondig dat hy eersdaags met veiligheidsopleiding in landbougemeenskappe gaan begin. ‘n Verslag van die organisasie toon dat veral jong mense en bejaardes slagofffers van plaasmoorde is, en dat slagoffers in meeste van die aanvalle geskiet of ernstig beseer is. Veiligheidsrisiko-analis van die VL, dr. Jane Buys, sê data toon dat ‘n gemiddeld van vyf plaasaanvalle per week sedert 2016 plaasgevind het, die meeste hiervan in die 2020/2021 finansiële jaar. Buys sê wat kommerwekkend is, is dat die toename tydens die staat van inperking met COVID-19 maatreëls wat gegeld het – met meer polisiesigbaarheid en strenger wetstoepassing – voorgekom het.

FOTO: (Verskaf)


2 views0 comments