Search

Vrystaatse regering wil Metsimaholo munisipaliteit onder administrasie plaas

SASOLBURG - Die Vrystaatse regering het besluit om die beleërde Metsimaholo munisipaliteit, wat onder meer areas soos Sasolburg, Vaalpark en Deneysville bedien, onder administrasie te plaas. Die woordvoerder van die departement van samewerkende regering in die provinsie, Zolile Lobe, sê volgens die SAUK die munisipaliteit kon op verskeie geleenthede nie raadsvergaderings hou nie. 'n Begroting is ook nog nie goedgekeur nie. Metsimaholo is tans onder die beheer van SAKP in koalisie met die ANC, die Metsimaholo gemeenskapsvereniging, die forum vir dienslewering en die African Independent Congress. Metsimaholo se gemeenskapsvereniging dreig om alle bedrywighede in Sasolburg tot stilstand te bring indien die provinsiale regering nie die besluit omkeer nie. FOTO: (Verskaf)


0 views
Listen Live.jpg