Search

Vyf dood en twee beseer na drie voertuie bots in Vanderbijlpark

VANDERBIJLPARK - Paramedici sê vyf mense is dood en twee ander is beseer na ‘n botsing met drie voertuie op die R553 in Vanderbijlpark. ER24-woordvoerder, Russel Meiring, sê paramedici het op die toneel opgedaag om twee ligte motorvoertuie aan die kant van die pad te vind terwyl nog ‘n voertuig in die middel van die pad gevind is. Drie van die slagoffers was reeds met die paramedici se aankoms dood, en ‘n vierde persoon is later op die toneel dood. In die ander voertuig is drie mense, waaronder ‘n swanger vrou, beseer. Die swanger vrou het later in die hospitaal aan haar beserings beswyk.

FOTO: (Verskaf)

[Vir meer plaaslike nuus, Subscribe by 90.6 FM News se YouTube kanaal: https://www.youtube.com/channel/UCwIHh6lHQWP1b3MbTdf1clQ]


23 views