Search

Vyf-en-twintig jaar gelede het oupresident Mandela Suid-Afrika se grondwet in Sharpeville onderteken

VAALDRIEHOEK - Dit is vandag die 25 jaar gelede dat oupresident Nelson Mandela Suid-Afrika se grondwet in Sharpeville onderteken het. Die Instituut vir Sosio-Ekonomiese Regte sê die implementering van positiewe beleid – soos die opgradering van informele woongebiede – het in die praktyk misluk. Artikel 26 van die grondwet plaas ‘n verpligting op die staat om voldoende behuising te verskaf. Talle inwoners van Sharpeville sê die staat voldoen dikwels weens verskeie redes, onder meer korrupsie, nie daaraan nie. Inwoners sê dis juis diegene wat hul regte moet beskerm wat hul regte vir behuising skend.

FOTO'S: (Verskaf)



3 views0 comments