Search

Vyf mans in Viljoensdrif R82 kop-aan-kop botsing oor die naweek beseer

VILJOENSDRIF - Paramedici sê vyf mans is oor die naweek beseer in ‘n kop-aan-kop botsing tussen ‘n BMW en ‘n Opel op die R82, naby Taaibosspruit buite Viljoensdrif, Vaaldriehoek. ER24 sê sy paramedici is na die toneel ontbied deur ‘n private nooddiens wat om 17:15 Vrydagmiddag reeds op die toneel was. Die voorsittende passasier van die BMW was in ‘n kritieke toestand en die bestuurder ernstig beseer. Hulle is glo albei in hulle laat 40’s of vroeë 50’s. Beide is met Gevorderde lewensondersteuning behandel voordat hulle na Metsimaholo Hospitaal vir verdere sorg geneem is. Die BMW se ander passasier wat agter gesit het is op die toneel behandel vir geringe tot matige beserings. Twee jonger mans van die Opel is ook vir geringe tot matige beserings behandel en na die Metsimaholo hospitaal en ‘n privaat hospitaal in die area geneem. Die Vrystaatse Verkeersdepartement sowel as die Viljoensdrif SAPD was ook op die toneel vir verdere ondersoek.

FOTO: (ER24)


3 views0 comments