Search

Vyf vragmotors op die R59-pad aan die brand gesteek

VAALDRIEHOEK - Die Parys en Sasolburg SAPD het Saterdagaand klagtes ontvang dat ‘n vragmotor aan die brand gesteek is op die R59-pad tussen Sasolburg en Parys. Die polisie het ondersoek ingestel en het toe vasgestel dat vyf vragmotors reeds deur die Sasolburg-brandweer geblus is. Daar word deur die bestuurders beweer dat een vragmotor met ‘n petrolbom gegooi is en gedwing is om oorkant die pad te stop. Die bestuurders het ook gesê dat daar op vier ander vragmotors geskiet is, wat hulle forseer het om te stop. Die vragmotors is toe aan die brand gesteek. Polisiewoordvoerder, Brigadier Motantsi Makhele, sê die motief vir die aanvalle word ondersoek en daar is nog geen arrestasies gemaak nie.

FOTO

: (SAPD)


1 view0 comments