Waarskuwing dat Covid-19 pandemie wel voortgaan al is dit nie meer globale noodgeval nie
VAALDRIEHOEK - Die Departement van Gesondheid benadruk dis belangrik om te onthou die Covid-19-pandemie gaan voort, al word dit nie meer as globale openbare gesondheids-noodgeval beskou nie. Woordvoerder Foster Mohale skryf dit toe aan die aansienlike afname in gevalle. Hy raai mense aan om in te ent en te toets, veral kwesbares soos bejaardes en diegene met onderliggende toestande. Mohale sê die departement ontvang steeds versoeke vir versterker-dosisse vir verdere beskerming teen die pandemie en sê voldoende entstofdosisse is beskikbaar.
FOTO: (Verskaf)
