Search

WGO sê Ivermektien moet nie vir COVID-19 pasiënte gebruik word nie

VAALDRIEHOEK - Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het gister gesê dat Ivermektien, wat deur sommige op sosiale media voorgehou word as ‘n ‘wondermiddel’ van COVID-19, nie gebruik moet word om pasiënte met die coronavirus te behandel nie.In reaksie op die warrel van eise rondom die goedkoop middel teen parasiete, het die WGO riglyne uitgereik dat Ivermektien slegs op COVID-19-pasiënte in kliniese proefnemings gebruik moet word.Die VN se gesondheidsagentskap het gesê dat daar ‘n baie lae sekerheid van bewyse bestaan oor die gevolge van Ivermektien op mortaliteit, opname in die hospitaal en die verwydering van die virus uit die liggaam.

FOTO: (Verskaf)



8 views0 comments