Search

WGO sê kinders ouer as 12 moet maskers dra

VAALDRIEHOEK - Kinders van 12 jaar en ouer moet maskers dra en dié tussen die ouderdomme van ses en 11-jaar moet dit dra afhangend van die risiko. Dit is volgens ’n COVID-19 opdrag van die Wêreld-Gesondheidsorganisasie (WGO) en die Verenigde Nasies se Kinderfonds (UNICEF). Hulle sê kinders tussen ses en 11-jaar moet ook maskers dra, maar dit sal bepaal word deur die mate van oordrag in hul spesifieke area, die kind se vermoë om die masker reg te dra, toegang tot maskers en voldoende volwasse toesig. Die WGO sê kinders van die ouderdom vyf jaar en jonger moet normaalweg nie maskers dra nie.

FOTO: (Stock Image)


9 views