Search

Whatsapp-lyn vir Sassa toelae word vandag geloods

VAALDRIEHOEK - Die Suid Afrikaanse Maatskaplike Sekerheids-Agentskap oftewel SASSA, sê hy sal van vandag af, ‘n whatsapp-lyn asook ‘n epos-adres beskikbaar hê, wat gebruik kan word om aansoek te doen vir die spesiale Covid-19 verligtings-toelaag. President Cyril Ramaphosa het verlede week die nuwe maatskaplike toelaag, wat R350 per maand aan werkloses sal uitbetaal vir 6 maande, weens die korona-pandemie, aangekondig. SASSA sê aanoekers sal oor ‘n bankrekening moet beskik. SASSA ondersoek tans die moontlikheid om mense wat nie bankrekeninge het nie, te help met selfoonoorbetalings. Die toelaag is gemik op mense wat werkloos is, nie tans ander toelae van die regering ontvang nie, ouer as 18 is en ‘n Suid Afrikaanse burger is.

FOTO: (Verskaf)


36 views