Vaaloewer-inwoners gemaan om nie kraanwater te drink nie

November 6, 2017

VANDERBIJLPARK - Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het Vaaloewer inwoners, wes van Vanderbijlpark, die naweek gewaarsku om nie kraanwater te drink nie, nadat e.coli daarin gekry is. Volgens Emfuleni se waarskuwing is daar tekens van mens- en diereafval in die drinkwater gekry. Die dorp se drinkwater word volgens Netwerk24 nie deur Randwater gesuiwer nie, maar deur ’n suiweringsaanleg wat deur Emfuleni besit en bestuur word. Die plaaslike owerheid om verskoning gevra vir die ongerief. Emfuleni het Vrydag in die waarskuwing gesê hulle watertoevoer-bestuurspan werk aan die probleem en sal inwoners inlig wanneer dit weer veilig is om kraanwater te drink. Die munisipaliteit sê watertenks sal by die ingang van die woonarea geplaas word tot verdere kennisgewing.

 FOTO: (Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit)

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags