AfriForum Sasolburg versoek optrede teen politieke partye wat reëls verontagsaam

November 10, 2017

SASOLBURG - AfriForum se Sasolburg-tak het vroeër die week ’n klag by die kantoor van die munisipale bestuurder van die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit ingedien wat versoek dat ondersoek ingestel word na politieke partye se verontagsaming van verskeie munisipale verordeninge tydens die bemarking van hul verkiesingsveldtogte. Politieke partye in Sasolburg werf tans stemme vir die munisipale tussenverkiesing wat op 29 November 2017 plaasvind. Die AfriForum-tak het glo klagtes van die gemeenskap ontvang dat politieke plakkate (hoofsaaklik van die EFF) op verskeie plekke in Sasolburg opgeplak is en nie voldoen aan die bemarkingsverordeninge van die munisipaliteit nie. Die burgerregte-organisasie sê politieke slagspreuke en boodskappe wat op munisipale eiendom soos substasies geverf is, en neerkom op vandalisme, moet ook ondersoek word. Die Sasolburg-tak het gevolglik ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig wat ’n lys van al die verordeninge wat verontagsaam is, bevat.

 

FOTOS: (AfriForum)

 

 

 

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags