Vaaldriehoekse private sektor gevra om te belê in waterinfrastruktuur weens R40 miljard agterstand

November 10, 2017

VAALDRIEHOEK - Die departement van water en sanitasie het die private sektor, insluitend Vaaldriehoekers, genooi om te belê in die inhaal van Suid-Afrika se R40 miljard agterstand sowel as die opgradering van sy waterinfrastruktuur. Minister van water en sanitasie, Nomvula Mokonyane, sê die bestuur van water was tot dusver die taak van die regering, maar nou is dit oop vir besigheid. Gauteng en die Wes-Kaap hou aan om te groei en daarom word die private sektor genooi om in die inhaal en opgradering van waterinfrastruktuur te belê. Vir toekomstige groei in die sektor is R330 miljard nodig. Die bedrag skiet op tot R1 000 miljard as instandhoudingskoste bygereken word.

 FOTO: (DWS)

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags