Demi-Leigh, wat gister as Mej Heelal aangewys is, is ‘n oud-Vaaldriehoeker

November 27, 2017

BREKENDE NUUS: VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek inwoners kan trots wees om te weet ‘n oud-Vaaldriehoeker is gisteraand as Mej. Heelal in Las Vegas aangewys. Die huidige Mej. Suid-Afrika, Demi-Leigh Nel-Peters, het haar kinderjare in die Vaaldriehoek deurgebring voordat sy saam met haar ouers na Sedgefield in die Suid-Kaap verhuis het. Die 22-jarige Nel-Peters, wat 'n graad in sakebestuur het, het 91 ander kandidate in die eindronde uitgestof. Sy volg Frankryk se Iris Mittenaere op. Die gasheer, Steve Harvey, het Nel-Peters gevra op watter van haar eienskappe is sy trots. Sy het geantwoord Mej. Heelal moet trots wees op wie sy is as ’n individu, en dat dit iemand is wat al baie vrese oorkom het, en so ander vroue kan help om ook hulle vrese te oorkom. Colombia se Laura Gonzalez het tweede geëindig en Jamaika se Davina Bennett was derde. Nel-Peters is slegs die tweede Suid-Afrikaner om die skoonheidswedstryd te wen sedert Margaret Gardiner die kroon in 1978 gedra het. Die eerste prinses is Mej. Colombia en Mej. Jamaika is as tweede prinses gekroon. Suid-Afrika het nie aan die kompetisie deelgeneem in die jare van afsondering, tussen 1985 en 1994 nie. 
‘n Woordvoerder van Fonteine Laerskool in Sasolburg het ten tye van Nel-Peters se kroning as Mej Suid-Afrika aan die 90.6 FM Stereo Nuusspan gesê die 21-jarige Nel-Peters het haar laerskoolloopbaan by hulle begin. Nel-Peters was glo deel van die Fonnie-span vir haar gr.1-jaar voordat sy saam met haar gesin na die Suid-Kaap verhuis het.

FOTOS: (Fonteine Laerskool; Reuters)

 

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags