OVK druk besig om Metsimaholo tussenverkiesing stemme te tel

November 30, 2017

SASOLBURG - Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) in Sasolburg sal na verwagting later vandag die uitslae van die Metsimaholo tussenverkiesing aankondig. Volgens berigte het net 37% van kiesers wat geregistreer was opgedaag om te stem. Die EFF in die Vrystaat het bedrogklagtes teen amptenare van die Verkiesingskommissie ingedien. Dit volg na voorvalle waar die beamptes sommige kiesers gister in Metsimaholo in Sasolburg in die Vrystaat nie met ink gemerk het nadat hulle gestem het nie. Die Vryheidsfront Plus sê ook sommige mense wat al die afgelope 15 jaar in dieselfde wyk stem, kon nie stem nie omdat hul name nie op die kieserslys was nie. Die party se provinsiale leier, Jan van Niekerk, sê ook sommige kiesers is toegelaat om te stem hoewel hulle nie op die munisipaltiteit se kiesersrol was nie. `n Woordvoerder van die SAKP, Phillip Kganyago, sê hulle sal die aantygings by `n vergadering van die politieke skakelkomitee indien. Die SAKP het gister gesê hy is vol vertroue dat hy die meerderheidstem gaan kry. Die DA se Arnoldi du Plooy, sê die party is gelukkig met gister se verkiesings ten spyte van ‘n paar probleme oor die kieserslys. 
FOTO: (IEC - Stemtelling teen omstreeks 13:00)

 

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags