Twee vrouens sterf, een kritiek na R59 vragmotorongeluk

December 1, 2017

SASOLBURG - Paramedici sê twee vrouens het gesterf en een was kritiek beseer toe ‘n vragmotor in ‘n motor op die kruising van DF Malan en die R59 in Sasolburg vasgery het. ER24 sê sy paramedici en ander dienste het gister die vragmotor op sy sy oor twee bane versprei gelê. Die ligte motorvoertuig, wat gerol het as gevolg van die botsing, het aan die kant van die pad gelê. Paramedici het drie vrouens op die toneel gevind, twee binne die voertuig het verskeie noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die derde vrou is kritiek beseer buite die voertuig gevind. Sy is op die toneel behandel en ‘n ander nooddiens het haar na ‘n plaaslike hospitaal geneem. Die bestuurder van die vragmotor het geen beserings opgedoen nie. Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

FOTO: (ER24)

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags