JMPD monitor betogings in Orange Farm

December 4, 2017

VAALDRIEHOEK - Die Johannesburgse metropolisie sê hulle monitor ‘n betoging in Orange Farm, Vaaldriehoek, vandag. Ongeveer 100 betogers het vanoggend die Goue Hoofweg en Linkweg met brandende bande en klippe versper. Die JMPD se Wayne Minnaar het motoriste aangeraai om versigting te bestuur. Hy sê meer beamptes word na die area ontplooi om die betoging te monitor en bystand met verkeer te verleen. Dit is in hierdie stadium nog onduidelik wat die rede vir die betoging is.
Intussen is 'n vrou dood en 17 mense is beseer nadat 'n taxi vanoggend op die R82 in Walkerville, Vaaldriehoek, omgeslaan het. 'n Woordvoerder van ER24, Russel Meiring sê drie van die beseerdes is in 'n kritieke toestand. Plaaslike owerhede ondersoek die oorsaak van die botsing.

 

FOTOS: (@Black1stLand1st/Twitter; ER24)

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags