Man doodgery by Frikkie Meyer-boulevard robot in Vanderbijlpark

December 11, 2017

VANDERBIJLPARK - Drie insittendes van ʼn Volkswagen Polo het gistermiddag net na 17:00 vir ʼn verkeersman weggejaag en by die robot van Frikkie Meyer naby Checkers in Vanderbijlpark, een van die padbedelaars doodgery.Volgens inligting het die bestuurder van die Polo roekeloos en nalatig bestuur toe die verkeersbeampte hom agtervolg en die jaery begin het. Hulle is in Beethovenstraat af en by die verkeerslig het die bestuurder van die Polo probeer opdraai in Frikkie Meyer-boulevard, hy het die randsteen getref, oor die eilandjie gery en die man raakgery waar hy gestaan en bedel het. Volgens Vaalweekblad is die bestuurder op die toneel in hegtenis geneem. Paramedici van ER24 het vergeefs probeer om die man wat raakgery is te red, maar hy is op die toneel dood verklaar.
FOTOS: (Vaalweekblad)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags