Vaaldriehoek-inwoners gewaarsku oor lae druk in watertoevoer

December 11, 2017

VAALDRIEHOEK - Die Emfuleni-munisipaliteit en Rand Water waarsku in ʼn verklaring dat Vaaldriehoek-inwoners van vandag af wateronderbrekings en lae druk in watertoevoer kan ervaar. Luidens die verklaring het Rand Water en die Emfuleni-munisipaliteit die afgelope week ooreengekom dat die hoeveelheid water wat Rand Water aan die munisipaliteit verskaf, verminder gaan word. Die verklaring sê die vermindering in water sal die munisipaliteit help om sy daaglikse waterverbruik beter te bestuur en gevolglik sy maandelikse waterrekening by Rand Water te verminder. Die munisipaliteit het ook onderneem om volgende week ’n “noemenswaardige betaling” aan Rand Water te maak.

FOTO: (Verskaf)

 

 

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags