Vermindering van waterdruk vir Emfuleni

December 14, 2017

VAALDRIEHOEK - Die Emfuleni Munisipaliteit het in ʼn verklaring gesê watertoevoer en waterdruk sal môre, die 15de Desember, verminder word. Die grootmaat watervoorsiening aan die munisipaliteit sal verminder word met 'n minimum van 20% en ʼn maksimum van 40%.In die afgelope maande het Emfuleni watervermindering ondervind as gevolg van onbetaalde skuld aan Rand Water. Volgens hulle verklaring is dit die gevolg van onbetaalde munisipale rekeninge deur 'n groot aantal verbruikers in Emfuleni. Die watervermindering sal poog om water gebruik te reguleer en in gevolg die maandelikse rekening aan Rand Water verminder. Die munisipaliteit bedank verbruikers wat hulle rekeninge voortdurend en getrou betaal.

FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags