Vaaldriehoek internetgebruikers gewaarsku teen swak wagwoorde

December 21, 2017

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek internetgebruikers word gewaarsku om in 2018 beter wagwoorde te kies om hul aanlyn-inligting te beskerm. Die wagwoord-bestuursmaatskappy SplashData sê mense gebruik steeds swak wagwoorde wat maklik geraai kan word, al is hulle bewus van kuberkrakery. Die maatskappy het sy jaarlikse lys van die swakste wagwoorde bekend gemaak wat insluit 12345, password, admin, starwars, freedom, hello, dragon en welcome. Uitvoerende hoof, Morgan Slain, sê internetgebruikers moet daarteen waak om gewilde konsepte soos byvoorbeeld name van rolprente as wagwoorde te gebruik. Slain sê kuberkrakers gebruik algemene woorde uit popkultuur en sport om toegang tot mense se rekeninge te verkry, want hulle weet baie mense gebruik hierdie wagwoorde omdat dit maklik is om te onthou. SplashData sê om net maklik raaibare wagwoorde effens te verander gaan nie kuberkrakers om die bos lei nie.
FOTO: (Verskaf)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags