Transvalia se veelsydigste leerder behaal ses onderskeidings in matriek

January 5, 2018

VAALDRIEHOEK - Gauteng bekleë 'n tweede plek onder die land se provinsies wat betref 2017 se matriekuitslae wat gisteraand bekend gemaak is. Die algehele slaagsyfer in Suid-Afrika is 75.1%, ʼn styging van 2.6% vergeleke met verlede jaar.  Onder die presteerders is Hoërskool Transvalia se veelsydigste leerder wat ses onderskeidings in 2017 se matriekeksamen behaal het. Shen’o Raath het volgens Netwerk24 onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, geografie, lewenswetenskap, lewensoriëntering en toerisme behaal. Sy is boonop verlede jaar as uitblinker op kultuurgebied en die veelsydigste leerling in haar skool aangewys. Sy was ook nie een dag in haar hele skoolloopbaan afwesig nie, wat volgens haar net genade van Bo was. Volgens die berig beoog Raath om vanjaar aptekerswese op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus te studeer, alhoewel haar ware belangstelling by alternatiewe geneeskunde en homeopatie lê.

FOTO: (Netwerk24)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags