Die groen ID boekie verval nie in Maart soos sosiale media beweer nie

January 11, 2018

VAALDRIEHOEK - Die direkteur-generaal van die departement van binnelandse sake, Mkuseli Apleni, sê dit is fopnuus dat die groen identiteitsboeke in Suid-Afrika se dae getel is. Daar is op sosiale media beweer die groen identiteitsboekies verval op 31 Maart. Apleni het gister op ’n mediakonferensie in Pretoria gesê dit is nié die geval nie Volgens Apleni het dit veroorsaak dat baie mense na kantore van die departement van binnelandse sake gestroom het om aansoek te doen om identiteitskaarte. Dit het onnodige druk op die departement se 411 kantore landwyd geplaas. Apleni het gevra dat mense nie vals gerugte op sosiale media aanstuur nie, want dit laat mense paniekbevange op die departement se kantore toesak om aansoek te doen om slimkaarte. Hy het die versekering gegee dat die groen ID-boekie ‘n wettige vorm van identifikasie bly.

FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags