Twee-jarige van Meyerton verdrink tydens familievakansie

January 12, 2018

MEYERTON - ‘n Meyerton gesin is in rou gedompel na hulle twee-jarige dogtertjie verdrink het terwyl hulle met vakansie in KwaZulu-Natal was. Vaalweekblad berig dat Willie en Nicole Maré saam met hul dogtertjie Anet en hul huishulp Maandag in Amanzimtoti aangekom het vir ‘n familievakansie. Die donkerkop dogtertjie het, volgens die berig, skaars ‘n paar uur na hulle aankoms by die vakansieverblyf onverwags in die swembad geval. Sy is met hul aankoms by die hospitaal dood verklaar. Die twee-jarige Anet se begrafnisdiens vind môre om 11:00 by die Meyerton Katolieke Kerk plaas. Anet was die Maré-egpaar se enigste kind en hulle het Sondag, ‘n dag voor die egpaar met vakansie vertrek het, haar tweede verjaarsdagpartytjie gehou. Sy het op 4 Januarie twee geword.
FOTOS: (Vaalweekblad)

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags