EFF protes by Hoërskool Overvaal

January 17, 2018

VEREENIGING - EFF lede het by Hoërskool Overvaal in Vereeniging bymekaargekom waar ouers hul kinders wil inskryf ten spyte van die uitspraak van die hooggeregshof. Die Gautengse Onderwysdepartement het die Afrikaanse skool hof toe geneem om te dwing om 55 Engelssprekende leerlinge toe te laat. Regter Bill Prinsloo het egter beslis dat die departement se opdrag aan die skool onwettig was. Polisie, privaat sekuriteit en EFF-ondersteuners kan buite Hoërskool Overvaal gesien word. EFF-ondersteuners sê hulle is daar om hul ontevredenheid te wys.ʼn Ouer is glo deur betogers aangerand. 
FOTO: (eNCA)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags