Listeriose eis nog lewens

January 29, 2018

VAALDRIEHOEK - Die uitbreek van listeriose gaan voort, met ʼn totaal van 820 laboratorium-bevestigde gevalle wat sedert Januarie 2017 aangeteken is. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê dat dit sedert 3 Januarie nog 31 gevalle van listeriose bevestig het, wat die totale getal sedert die begin van verlede jaar tot 748 gebring het. Die instituut het vandeesweek gesê die meeste gevalle is in Gauteng met 59% gerapporteer, gevolg deur Wes-Kaap op 13% en KwaZulu-Natal op 7%. Intussen het die bedryfsorganisasie van die sagtevrugtebedryf, Hortgro, berigte verwerp dat die uitbreking van Listeriose in die land met appels verbind kan word. Die organisasie sê dié bewerings is vals en onverantwoordelik. Die uitvoerende direkteur, Anton Rabe sê ʼn verslag word op sekere WhatsApp-groepe rondgestuur wat verwys na ‘n voorval in 2015 in die Amerikaanse staat Kalifornië. In dié voorval is Listeriose-bakterieë in gestoofde appels gevind. Rabe sê om daardie voorval aan die situasie in Suid-Afrika te verbind is misleidend. 
FOTO: (Verskaf)

 

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags