Twee vrouens ernstig beseer na vragmotorongeluk in Deneysville

February 5, 2018

DENEYSVILLE - Paramedici sê twee vrouens het ernstige beserings opgedoen toe ‘n vragmotor met hulle voertuig vanoggend op die R716 in Deneysville in ‘n botsing betrokke was. ER24 sê kort voor 12:00 het hulle paramedici en die Vrystaatse Nooddienste die voertuig aan die kant van die pad gevind. Die vragmotor het glo in die passasierskant van die voertuig vasgery en dit het veroorsaak dat dit in vier ander voertuie by die kruising vasry. Niemand anders van daardie voertuie is egter beseer in die ongeluk nie. Die bestuurder van die ligte motorvoertuig is deur paramedici uit die voertuig verwyder. Sy het verskeie beserings opgedoen en is later na ‘n nabygeleë hospitaal geneem. Die passasier in dieselfde voertuig moes egter met gespesialiseerde toerusting verwyder word. Sy het ernstige beserings opgedoen en die ER24 Oneplan Mediese Helikopter het haar na die hospitaal vervoer. Plaaslike owerhede was op die toneel.
FOTO: (ER24)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags