Gauteng kan dalk in Kaapstad se voetspore volg

February 14, 2018

VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront Plus sê Gauteng gaan binnekort in die voetspore van Kaapstad volg as munisipaliteite in die provinsie nie dringend gaan ophou met die onnodige vermorsing van water nie. Die Party se Philip van Staden het na afloop van ‘n vergadering van die plaaslike regeringskomitee van die Gautengse wetgewer gesê Rand West-munisipaliteit, Merafong-munisipaliteit en Mogale City is die grootste sondaars in dié provinsie met onderskeidelik 65%, 50% en 44% waterverliese. Johannesburg 44%, Emfuleni 32%, Ekurhuleni 30.1%, en Tshwane 20% dra verder by tot die provinsie se waterverliese. Dit bring die totale persentasie vir Gauteng munisipaliteite te staan op 36% teenoor die nasionale syfer van 36.7%.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags