Vereeniging SAPD keer 75 verdagtes aan vir verskeie misdade vandeesweek

February 15, 2018

VEREENIGING - Die Vereeniging SAPD het die afgelope week 75 verdagtes vir verskeie misdade aangekeer, wat 14 insluit wat vir prostitusie aangekeer is. Polisiewoordvoerder, Kaptein Fikile Funda, het vandag in ‘n verklaring gesê 16 verdagtes is vir die besit van dwelmmiddels aangekeer, 14 sonder dokumentasie en agt vir dronkbestuur. Drie verdagtes is vir winkelroof, drie vir diefstal, nog drie vir aanranding met die opset om ernstig te beseer en twee vir besigheidsroof gearresteer. Funda sê verder is enkele verdagtes vir kabel- en motordiefstal, verkragting, algemene roof en die inmenging met polisiepligte in hegtenis geneem. Volgens Funda sal die aangekeerde verdagtes in die Vereeniging landdroshof verskyn.
FOTO: (Verskaf)

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags