Midvaal amptenaar word afgedank weens korrupsie

February 22, 2018

MIDVAAL - ‘n Senior amptenaar van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit is afgedank nadat die persoon aan korrupsie skuldig bevind is. Die munisipaliteit sê ‘n interne disiplinêre proses het bevind dat die werknemer in dieafvaldepartement korrupsie samesprekings gehad het met iemand wat op tenders gebie het. Die amptenaar het omkoopgeld ten bedrae van meer as R1 miljoen aanvaar. Die voormalige amptenaar mag kriminele klagtes in die gesig staar, afhanged van ‘n ondersoek deur die polisie. Midvaal se burgemeester, Bongani Baloyi, sê die afdanking is ‘n stap in die regte rigting en dat hierdie dit duidelik maak dat korrupsie nie ‘n plek in Midvaal het nie.
FOTO: (Shutterstock)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags