57 polisiebeamptes wat kinders moet beskerm het al misdaad gepleeg

February 28, 2018

VAALDRIEHOEK - Die minister van polisie, Fikile Mbalula, sê altesame 57 polisiebeamptes in die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe het ’n misdaadgeskiedenis. Dit was ‘n geskrewe antwoord op ‘n vraag van DA-LP, Zakhele Mbhele. Mbhele het in ’n verklaring gesê dit is onaanvaarbaar dat dié eenhede lede het wat gekompromitteer is. Sy sê die DA hou die minister verantwoordelik om hierdie offisiere uit die eenhede te verwyder en te vervang met onberispelike persone wat toegewyd daaraan sal wees om geregtigheid te laat geskied aan die slagoffers en oorlewendes van seksuele mishandeling en huishoudelike geweld. Volgens Mbhele is van die lede in die betrokke eenhede al gevonnis weens die volgende oortredings: sewe weens aanranding, minstens drie weens strafbare manslag, twee weens aanranding met die doel om ernstig te beseer en een weens die rig van ’n vuurwapen. Ander misdade sluit in bestuur onder die invloed van drank, nalatige bestuur, bedrog, die verlies van vuurwapens, diefstal en regsverydeling.
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags