Vanderbijlpark tref en trap bestuurder gevind

March 19, 2018

VAALDRIEHOEK - Die GPF in Vanderbijlpark het verklaar dat die bestuurder van die Hyundai H1 wat Vrydag betrokke was by ʼn tref en trap, gevind is. Volgens die GPF is die man positief uitgeken en gaan homself na bewering oorgee aan die polisie. Dit volg nadat die bestuurder twee kinders raakgery het en daarna van die toneel af weggejaag het. Bernadine Luther (13), haar nefie en nog ‘n vriend was op die sypaadjie vanaf die Curie Boulevard sirkel oppad in Langenhovenstraat af toe die voertuig hulle van agter getref het. Bernadine se neef het sy vriend uit die pad uit geruk en in die proses is sy linkervoet gebreek onder die voertuig se wiel. Bernadine is daarna deur die voertuig getref en het sowat dertig meter verder te lande gekom. Sy het kopbeserings, abdominale beserings en beserings op die heupe opgedoen. 
FOTO: (Vaalweekblad)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags