Vereeniging SAPD arresteer 20 vir verskeie misdade

March 20, 2018

VAALDRIEHOEK - Die Vereeniging SAPD het daarin geslaag om altesaam 20 mense vanaf 13 Maart tot 20 Maart in hegtenis te neem vir verskeie misdade. Die korporatiewe kommunikasie beampte van die Vereeniging polisie, Kaptein Fikile Funda, sê vier mense is in hegtenis geneem vir winkeldiefstal, twee vir besit van dwelms en twee vir dronkbestuur. Verder is een persoon in hegtenis geneem vir aanranding, een vir besit van gesteelde goedere, drie vir huis inbraak en diefstal en een vir ontvoering en roof. Die gearresteerde persone sal binnekort in die Vereeniging landdroshof verskyn. 
FOTO: (Verskaf)

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Recent Posts
Please reload

Search By Tags